Gister na 'n wonderlike dag by die Spookhuijs ry ons terug huis toe. Soos meeste van die vakansiedae in Suid-Afrika weet ek nie
altyd waaroor dit gaan nie. Ek weet wel dat ons gister ’n rustige dag kon hê,
maar dat daar soveel ander mense is wat wel moet werk sodat ’n handjievol
mense ’n blaaskans kan kry, kan rondloop en hul kruideniers kan koop. Hierdie
is ook nie net vir ’n sekere vlak gereseveer nie, aangesien my advokaat swaer
ook gister sy kliënte moes sien. So is die lewe, so is die lot. Eendag
chocolate, die volgende dag snot.
Op hierdie dag in die geskiedenis het daar verskeie goed
gebeur. In 1776 is die Illuminate in Ingolstadt deur Adam Weishaupt gestig.
Gedurende die Tweede Wêreld Oorlog het Joseph Goebbels en sy vrou op hierdie
dag in 1945 selfmoord in die Reich tuine buite die Führerbunker gepleeg. Magda
het hul kinders vermoor deur sianiet pille in hul monde te sit. In 2011 het
Barack Obama aangekondig dat Osama bin Laden, die verdagte agter die 11
September 2009 aanval, deur die US spesiale weermag tereggestel is. Hierdie is
wel foutief. As gevolg van die tydverskil tussen die US en Pakistan het
hierdie eintlik eers op die 2e Mei plaasgevind. Party mense se lewens het op hierdie dag
begin: 1864 - Anna Jarvis, die vrou agter Moedersdag (11 Mei 2014 – dit is ’n
plesier); 1946 - John Woo en 1967 - Tim
McGraw, en ander s’n weer geëindig: 1118 – Matilda van Skotland en 1731 –
Johann Ludwig Bach. http://en.wikipedia.org/wiki/May_1
In Suid-Afrika word Internasionale Werkersdag op 1 Mei
gevier. Hierdie dag, soos die naam sê, word in verskeie lande gevier, maar nie al
die lande vier dit noodwendig op dieselfde tyd nie. Werkersdag gaan oor die uitbuiting
van arbeiders. Mense word al vir jare uitgebuit om vir ander te werk. Eeue
gelede was dit die slawe en daarna word hierdie versteek onder die “paycheck”
waar mense onmenslike ure moet werk om net elke dag die basiese behoeftes te
kan bekostig. Hierdie dag het tot stand gekom deur die industriële revolusie om
slegs vir 8 ure ’n dag hoef te werk. In Suid-Afrika word die dag sedert 1994 op
die eerste dag van Mei gevier om samehangend die rol van die Unies, die Kommunistiese
Party en ander arbeidsbewegings teen Apartheid gespeel het, te herdenk. http://www.sahistory.org.za/dated-event/1-may-international-workers-day
Omdat ander mense eeue gelede baklei het sodat ek net agt
ure ’n dag hoef te werk, het ons gister by die Spookhuijs gaan kuier.
Ons keuse
vir ’n middag weg van die huis word beïnvloed deur ’n plek se
kindervriendelikheid. Ons seuntjie is nou net oor ’n jaar, kruip die vlak vol
en is nie lief vir stilsit nie. Hierdie is die grootste dryfkrag agter ons
liefde vir die restaurant op Emoya Estate. Jy gaan daarheen om rustig te wees.
Die diens is nie noodwendig so vinnig nie, maar die kelners is altyd vriendelik
en geduldig. Daar is ’n groot grasperk, klimrame met swaaie en ’n lekker
sandput vir die kinders. Daar is verder ’n mini gholfbaan, asook ’n driving
range; maar ons sal dit moontlik eers later uittoets. Ons was reeds 12:00 by
Emoya en ons het die hele dag daar spandeer. Die lug beweeg stadig deur jou
hare, die son bak salig op jou gesig en jy voel hoe die week, die maand, die
jaar se spanning uit jou skouers wegsmelt. Om jou sit ander gesinne en vriende.
Almal gelukkig en almal gesels. Ons seun kruip op die gras agter die konyne
aan. (Jy kan binne die restaurant ook sit vir die wat nie van die buitelug hou
nie). Ek verstom my aan die rustigheid en geniet dit ongelooflik. Die lewe is
klaar so gejaag en dit is ons ontsnapplekkie. http://www.emoya.co.za/p13/facilities-at-emoya/unique-bloemfontein-restaurant-and-coffee-shop.html
Terug na die kar toe sien ons die wilde diere wat in die
ooptes wei: Springbokke, volstruise, vlakvarke en twee massiewe renosters. Ons
vriend het verduidelik dat hy ’n kameelperd ook vroeër gesien het.
Dit was ’n goeie dag.